top of page
Wat is 'n Krimpvarkie?
Krimpvarkies is 'n klein, insekvretende soogdier wat gevind kan word oor die hele wêreld. Hulle is inheems aan Engeland, Europa, Afrika en Asië. Die krimpvarkie wat nou gehou word as 'n troeteldier in Noord-Amerika is die Dwerg Krimpvarkie uit Sentraal-Afrika. Jy het nie 'n permit vir hulle nodig in die volgende areas in SA nie - Mpumalanga, Gauteng, Polokwane, Noordwes, Limpopo en sekere gebiede in die Kaap.

Die gemiddelde Afrikaanse Dwerg Krimpvarkie weeg ongeveer 500g, en pas in jou hand palm.

 

Jou troeteldier moet binnenshuis gehou word teen normale kamertemperatuur (21 + grade), kan 'n goeie gehalte droë katkos (ons voed Royal Canin Kitten / Iams Kitten kos en het baie gesonde kinders) gevoer word.

'n Krimpvarkie moet ten minste 'n hok van 80 cm x 48 cm + x 37 cm hê met goeie ventalasie ('n "vis tank" word nie aanbeveel nie).

Benodighede vir in die hok:
-'n Huisie / Dome

-Beddegoed in hul huisie (Saagsels / Kombersie)
-Speelgoed (Klein Teddy, Plastiek balletjie met klokie in, Toilet rolletjie)

-Bottel water

-Kos bakkie
-Wiel vir oefening

-Sand Bakkie

Ons beveel 'n lopende wiel aan wat 'n gladde oppervlak het, nie die met die draad/gapings nie. Hulle voetjies kan vassit en seer kry. In die winter kan jy 'n warmwater bottel maak en hom bo op jou krimpvarkie se hok sit en toegooi met 'n kombersie vir ekstra hitte.
 

 

Moet nooit 'n krimpvarkie verhuis voordat hy/sy ten minste ses weke oud is nie. Om 'n ouer krimpvarkie te koop is ook oky, maar hou in gedagte dat hoe jonger die krimpvarkie, hoe beter sal die band tussen jou en jou krimpvarkie wees.

 

Wanneer jy jou nuwe krimpvarkie huistoe bring, plaas hom in sy nuwe hok en laat hom alles ondersoek en leerken. Jy kan hom gereeld uithaal en hanteer, maar onthou, dit sal waarskynlik plus minus 'n week neem voor hy begin tuis voel. Hoe meer jy jou krimpie kind hanteer hoe beter vorm jy sy persoonlikheid en hoe gouer leerken hy sy nuwe eienaar.

 

 

Baba krimpvarkies het baie slaap nodig die eerste maand nadat hy/sy by sy nuwe tuiste kom, so moenie bekommerd wees as hy baie slaap die eerste rukkie nie. Jy vorm jou eie krimpvarkie, so hoe meer jy hom hanteer, hoe meer sal hy/sy sy nuwe eienaar/hanteerder gewoond word. Hul beste sintuig is die reuk, hulle sal eers jou reuk gewoond moet raak voordat hulle gemakliker by jou sal voel, gee hulle 'n paar dae.

Hierdie is ook 'n baie oulike idee vir 'n hok / "play room" vir jou varkie. Hulle hou van lekker spasie en om te "explore"

Let asseblief na hierdie prentjies as riglyn van watter tipe kos veilig is vir jou krimpvarkie en watter om glad nie te gee nie! Aan die begin gaan hy/sy sy neusie op trek vir die nuwe treats of kossies wat jy vir hom wil gee. Maar wees geduldig en hou aan om dit vir hom te probeer gee. Hy/Sy sal wel gewoond raak aan die reuk en dit probeer :)

Hier is 'n mooi voorbeeld van 'n volledige hok en al die benodighede:

Hier onder is 'n riglyn van hoe groot die hok moet wees:

bottom of page